Opera in the Sea Breeze

We had ‘n few cold and rainy days, so instead of taking walks, we spend our time indoors in front of the fireplace. Yesterday we went for a late afternoon drive to buy more wood and on the way home I asked my husband spontaneously to drop me off just out of town to walk back home.

Although I believe in the Almighty God of the Bible and believe firmly that He is in control and will bring us through this time of epidemic, riots and so many other things life throws at us, I sometimes do get discouraged and a bit depressed. I’m human after all.

I love cold coastal afternoons, when the cool air touches my cheeks and makes me feel more alive. When I’m feeling a bit off, just a half hour walk by the sea makes me a new person again. But, as I was walking down the road – not having reached half an hour yet and still not feeling so renewed, I was thinking about friends having serious problems, issues in the family and just all the changes we had to make and have to live by because of the pandemic. I was wondering if we would ever have a bit of boring normality again and if there will ever be a time when I would become as excited as a child about the future again. (I’m not sure if this lack of excitement had come due to circumstances or because of age, but that’s a musing for another cold afternoon.)

As I was thinking these thoughts, people passed by in cars and on bicycles and on foot – all enjoying the nippy, fresh air which the wind breathed in from the snowy mountains not too far away. I heard some music over the sound of a nearing car and thought it was coming from a nearby house or one of the boutique hotels. But alas, towards me walked an elderly man with his two leashed dogs and when we got close enough to each other, I heard opera music coming from the cell phone in his pocket.

I walked home smiling, way lighter in spirit and I just realised again, that it is the small things in life which causes happiness and which makes pandemics and problems bearable. The God of the Bible does burning-bush miracles, but sometimes He just sings opera in the cool sea breeze.

© 2021 Fielies De Kock

Awesomest wife. Finest mom. Hopefullest writer. Foreverest dreamer. Living in a coastal village in the Overberg, South Africa, with a husband and two dogs in a small heritage house, and an adult, recently-graduated, and now mechanic-in-the-making, job-seeking son in the garden cottage. His CV is available on request. 🙂

Ek bepeins dié week in Afrikaans

 Search results for blog

Foto’s: OFM News

My Weeklikse Bepeinsing #12/2017

So, gister was die groot ‘It’s Time’ gebedsbyeenkoms in Bloemfontein en daar was ‘n mag der menigte Suid-Afrikaners wat gaan bid het vir verandering in Suid-Afrika. Hier is net drie Skrifte (van die baie) waaruit Vader ons uit die Bybel leer oor gebed.

…en (as) my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. (2 Kronieke 7:14)

Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. (Lukas 21:36)

…terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges… (Efesiërs 6:18)

***

So is ons land al vir baie lank al op die afdraende pad en toe hoor ‘n gewone, onvolmaakte  man (soos wat die Mosesse en Dawidde en Elias van die Bybel ook maar was) dat hy ‘n gebedsbyeenkoms moet hou waar mense van Suid-Afrika hulleself kan verootmoedig, Vader se wil vra en bid vir die omstandighede in die land. As ‘n mens die boonste Skrifte lees, sou jy dink dis heel  eenvoudig. Bid vir almal en oor alles en te alle tye is die basiese boodskap. Maar o, wee! Ons is mos (Suid-)Afrikaners en oornag was die land in rep en roer!

***

En so analiseer en kritiseer en oordeel dit te lekker vir ‘n klompie weke lank.  En dit gebeur toe gister:

Een groep gryp die geleentheid aan, ondersteun dit en gaan bid. Die wat nie Bloem toe kon of wou gaan nie, het op hulle eie gebid of byeenkomste gereël waar hulle saam met ander kon bid – selfs in die buiteland.

Sommiges het gewonder of hulle kerke darem vandag ook vol sou wees en ander het die inisiatief uitgekryt as “nie van Christus nie”, as ‘n “die mekka van satan” vanweë “die oorvloed vals profesieë” wat daar uitgespreek is en so meer. En die onvolmaakte man wat dit gereël het, was volgens baie onder andere “geldgierig”, “net agter getalle aan” en “die anti-chris”.

Dan was daar die natuurlike reaksie van die ateïs dat mense net gaan om goed te voel oor hulleself en dat niks gaan verander nie.

 ***

Ek reken in ons quick-fix wêreld sal baie die hele gebed-ding as ‘n flop sien as daar teen môre niks verander het nie. Ek wens ons kon almal saam met dieselfde energie saamstaan wat deur sommiges gebruik is om te kritiseer en verdeling te veroorsaak. Dink net! Maar ons is nog hierdie kant van perfektheid. En dis hoe dit is. As ons dit tog net kan onthou.

***

Gister se gebeure het my beide hoop gegee en hartseer gemaak, maar dis maar net nog ‘n teken dat ons in onvolmaaktheid leef. Deur Vader se genade is ek nie deur al dié dinge verwar nie, maar ek dink die optrede van baie Christene die afgelope tyd kon tot redelike verwarring by jong/nuwe gelowiges lei, wat ‘n jammerte is.

***

Die Skrif uit Openbaring het weer gister telkens by my opgekom. Leef ons reeds in dié tyd?

Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. (Openbaring  22:11)

***

As jy ‘n gelowige is, besluit maar self volgens die Skrif oor gister se gebeure. Te veel ‘geloof’ word in ons dae op opinie gebou.

 

 

©  Fielies (Riëtte) De Kock

Awesomest wife. Finest mom. Hopeful Writer. Forever dreamer. Temporarily living in Cairo, Egypt.